top of page
Die handleiding is vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik.
Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.
Afdeling A is 'n chronologiese opsomming van die taalleer. By elke aspek van die taal is daar lyste per graad opgestel, wat progressie verseker. Leerders behoort aan die einde van graad 7 'n ryk woordeskat te hê.
Afdeling B bevat wenke vir die beantwoording van begripstoetse en visuele tekste, en
Afdeling C is 'n opsomming van letterkundige- en poetiese aspekte vir die laerskoolleerder.
Onderwysers hoef nie meer kosbare tyd aan die opstel van notas te spandeer nie. Verder word tyd ook gespaar, omdat leerders nie meer notas hoef uit te knip en in te plak nie. Geld word ook gespaar aangesien afrolwerk nie meer nodig is nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van werkkaarte gebruik. Werkkaarte bly dus altyd relevant en die vernuwing van werkkaarte is dus geen probleem nie. Die handleiding beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk, byvoorbeeld spelling, kan uit die handleiding gegee word.

Kominpas Met Afrikaans Grade 4-7: Eerste Addisionele Taal

SKU: 9780799371574
R371,00Price
  • Kominpas Met Afrikaans Grade 4-7: Eerste Addisionele Taal

Related Products

bottom of page