top of page

Sy skryf haar storie vir haar kinders se kinders want om te weet wie jy is, moet jy weet waar jy vandaan kom. En verder: Ons moet van die dooies praat en hul stories vertel, want mens is eers régtig dood as niemand jou meer onthou nie.

 

Sy is in 1949 in Kroonstad in die ou Oranje-Vrystaat gebore en opgevoed in die partriargale, Christelik-Nasionale tydsgees van die vorige eeu.

 

Die familiename uit die le Roux- moederlyn loop steeds soos ‘n goue lint deur die familie omdat die oudste dogters vir geslagte heen, alternatiewelik of Elizabeth of Esther gedoop is. In die vertellings oor die Geldenhuys en Rowan families, is dit telkens duidelik dat naamgewing ook vooropgestel word in hierdie families. Sy ontdek dat die Rowans afstam van Krotoa en Pieternella van die Kaap.

Die dorp Kroonstad en sy mense, asook die Valsrivier staan sentraal in die verhaal van haar grootword jare. Haar pa, Attie Geldenhuys en ma Esther bied haar ‘n liefdevolle, huislike omgewing. Sy vertel van besoeke aan die Randse Paasskou, spesiale mense in haar lewe en gebeure op die plaas.  Sy besef eers later hoe bevoorregd sy groot geword het. 

 

Sy vertel van haar studiejare, haar man Albert en hulle vier kinders, Esther, Chr Toe hulle die huis verlaat, het sy ruimte om te begin wonder oor haar eie lewensreis. “Wat nou?” wonder sy. “Wat gaan ek nou met my lewe doen?” Sy studeer verder in Sielkunde, raak vrywillig betrokke by berading en besoek ‘n jong man wat vir moord op sy ouers skuldig bevind is. Sy sluit aan by ‘n Spirituality group waar vroue uit alle oorde uiteenlopende geestelike boeke sonder vooroordeel bespreek. Sodoende verbreed sy haar wêreldbeskouing.  Sy word ook deel van verskeie droomgroepe wat drome vanuit die standpunt van Carl Jung ontleed. In 2012 word sy ‘n SoulCollage® fasiliteerder. Sy bied naweekonttrekkings aan by The Buddhist Retreat Centre naby Ixopo asook werkswinkels in Somerset-Wes.

 

Sy leer ysskaats en ski en reis die wêreld plat. Sy en Albert kamp dwarsdeur Suider-Afrika onder die uitspansel van ontelbare sterre.

 

Met ‘n terugblik op haar lewe, word sy bewus van die goue lint wat haar lewe deurweef. Gebeure wat ongevraag en onverwags ‘n rol gespeel het sodat sy in dankbaarheid kan terugkyk en sien hoe sy gevorm is en haarself vervorm het om te wees wie sy vandag is. En met opwinding steeds te let op die onvoorspelbare trajek van hierdie lint deur haar lewe.

‘n Goue Lint: Die memoires van Elize Rowan

SKU: 9780796143365
R495,00Price
  • In 1949 word Elize Rowan op Kroonstad gebore. Hier word sy opgevoed in die patriargale, Christelik Nasionale tydsgees van die vorige eeu 


    Sy studeer aan die Universiteit van Pretoria en voltooi haar MA graad in Kunsgeskiedenis aan die PU vir CHO. Sy trou met Albert Rowan en in 1981 gaan woon hulle in Westville, Durban. Hy praktiseer as Oftalmoloog en hulle maak hulle vier kinders hier groot. 


    Op ongeveer 50 jarige ouderdom, begin sy wonder: Wat Nou? Sou sy nog vir 20 jaar leef, wat gaan sy met haar lewe maak? Sy besluit om haar Sielkunde studies voort te sit. Sy behaal haar Sielkunde Hons. graad aan Unisa en verwerf toe ‘n nagraadse diploma in HIV/Vigs Berading, aan die Universiteit van Durban-Westville. Sy doen haar praktiese werk by The Open Door Care and Crisis Centre in Pinetown waar sy vir 14 jaar vrywillig werk. Sy doen kursusse in Kunsterapie en Gelofte skool vra haar om vrywillige berading te doen. 


    Sy sluit aan by ‘n Spirituality group waar vroue uit alle oorde geestelike boeke sonder vooroordeel bespreek en sodoende verbreed sy haar wêreldbeskouing.  Sy sluit ook aan by droomgroepe wat drome vanuit die oogpunt van Carl Jung ontleed. 


    So begin sy haar geestelike reis waar sy besluit wie sy is en wat sy glo.


    In 2012 word sy ‘n SoulCollage® fasiliteerder en bied naweekonttrekkings aan by The Buddhist Retreat Centre naby Ixopo en later in Somerset-Wes.
     

Special Offers

The Clowder Bookstore

T: 087 470 1324

E: info@theclowderbookstore.com

Helderberg, South Africa

Mon-Fri 09:00 - 16:30

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page